|
5 Februarie 2010
Ek is van mening dat hoewel baie onsekerhede ons in die gesig staar, vanjaar weer ‘n jaar van geleenthede kan wees. Die kuns is egter om die geleenthede tussen al die geraas deur te identifiseer en dan te benut. Ek verwys nie net na die geleenthede voortspruitend uit die Sokkerwêreldbeker nie, maar ook na die wat deur die plaaslike en internasionale ekonomieë en markte gebied word. Wees verseker dat Dynamic Wealth reeds aktief besig is om die geleenthede na te speur tot voordeel van al ons kliënte.
21 Januarie 2010
Dit ly geen twyfel nie dat die jaar amptelik in volle swang is met sakebedrywighede wat na normaal teruggekeer het ná die vakansie of soos ons by Dynamic Wealth dit stel, is dit sake soos gewoonlik. Daar is egter niks gewoon aan ons volgehoue verbintenis om ons verskeie belanghebbers van waarde te voorsien nie en ons beoog veral om selfs nóg verder te verbeter op ons reeds uitstekende fondsprestasies.
13 Januarie 2010
Vanjaar sal nes 2009 ongetwyfeld een van die opwindendste jare in Suid-Afrika se geskiedenis wees. Voor ek verder daaroor uitbrei, wil ek graag dié geleentheid gebruik om u ‘n jaar vol voorspoed en gesondheid toe te wens...
9 Desember 2009
Die wêreld is inderdaad ‘n plek wat gedurig aan’t verander is en vrae aan ons stel oor die koers waarin ons beweeg. Vanjaar sal onthou word as ‘n jaar wat ons toewyding tot ons waardefilosofie getoets en ons integriteit selfs verder gevorm het. Al hét ons getrou gebly aan hierdie kernbeginsels, het ons ook nie ons visie uit die oog verloor om as ‘n toonaangewende verskaffer van finansiële dienste beskou te word nie.
2 Desember 2009
In my verbintenis om al ons kliënte op hoogte te bring van die vele gebeure by Dynamic Wealth, geval dit my om hierdie onderneming te herbevestig in die tweede uitgawe van “Sake ... soos gewoonlik”. Sedert verlede week se skrywe was daar verdere verwikkelinge rakende CMM en Specialist Income Bpk. Só ook het bevindinge deur ons Ekonomiese Navorsingspan lig gewerp op etlike merkwaardige insigte oor inflasie in Suid-Afrika...
24 November 2009
Die jaar staan welliswaar vinnig einde se kant toe, maar dieselfde kan nie van sake by Dynamic Wealth gesê word nie. Kontrakte word bykans daagliks met nuwe kliënte gesluit en onderhandel. Ek wil gevolglik ingevolge ons beleid van totale deursigtigheid graag die geleentheid gebruik om al ons kliënte op hoogte te bring van die magdom gebeure wat ‘n positiewe invloed op Dynamic Wealth se sake het.
|